Sowat 100 mense nog vermis ná grondstorting in Indië

Reddingswerkers gaan voort met die soektog na mense wat vermis word na ‘n grondstorting in die weste van Indië. Sestien mense is in die ramp in Irshalwadi in Maharashtra dood. Na verneem word, is sowat 100 mense sedert die grondstorting Woensdagaand plaasgevind het, steeds vermis, en die vermoede bestaan dat hulle in die puin vasgekeer is. Swaar reën het die afgelope tyd in die gebied geval.