Prysstyging kom vir hoenderprodukte
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging sê die instelling van tariewe van 30 persent om storting van hoendervleis te keer, sal bydra tot ‘n prysstyging van tussen 0,9 en 4,9 persent vir hoenderprodukte by kleinhandelaars. Storting verwys na die praktyk waar ‘n maatskappy ‘n produk onder die kosprys daarvan in die land van oorsprong in ‘n ander land verkoop. Suid-Afrika is een van die top-drie mededingendste pluimvee-produsente in die wêreld. Die vereniging sê die afgelope jaar se voortslepende beurtkrag het pryse met tien persent opgestoot.