Beurtkrag belemmer groei-vooruitsigte
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê beurtkrag en logistieke beperkings kan ‘n wyer uitwerking hê op die lewenskoste en die koste van sakebedrywighede. Die Monetêre Beleidskomitee van die Reserwebank het die repokoers onveranderd op 8,25 persent gehou. Kganyago sê alhoewel Suid-Afrika se ekonomiese toestande oënskynlik verbeter het, weerspieël die langtermyn vooruitsigte die onsekerhede van die globale omgewing.