Onlangse vloede het nie rooibos-landerye beskadig

Die rooibosbedryf in die Cederberg-gebied in die Wes-Kaap is verlig dat die onlangse reën en vloede nie die landerye beskadig het nie, hoewel sommige kwekerye verliese ervaar het. Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, Martin Bergh, sê rooibosboere hou ʼn wakende oog oor die vlakke van vog in die grond na die onlangse swaar reën. Die winter is gewoonlik die begin van die rooibos-aanplantingseisoen, maar slegs enkele boere het begin plant omdat die grond deurnat is.