EFF bekommerd oor verdere skade ná ontploffing
Die EFF in Gauteng sê hy is bekommerd oor Woensdag se ontploffing in die Johannesburgse middestad. Een persoon is dood en 42 ander beseer in ‘n vermoedelike ondergrondse gaspyp-ontploffing in Breestraat. Die EFF se woordvoerder, Dumisani Baleni, sê hulle is in kontak met die betrokke owerhede om seker te maak maatreëls word getref om verdere skade te voorkom.