Gholf: Spelers slaan vandag af in 151ste Britse Ope

Gholf: Die laaste Major van die seisoen, die 151ste Britse Ope, begin vandag op Royal Liverpool, met tien Suid-Afrikaners wat deelneem. Rory McIlroy van Noord-Ierland speel in die eerste twee rondes saam met sy Ryderbeker-spanmaats, Jon Rahm en Justin Rose. Cameron Smith van Australië begin die verdediging van sy titel saam met die wenner van die Amerikaanse Ope, Wyndham Clark, en die Olimpiese gouemedaljewenner Xander Schauffele. Smith het Woensdag sy oefenronde gespeel en sê hy mik na opeenvolgende titels.