Zimbabwe versoek om omstrede wetsontwerp terug te trek
Amnestie Internasionaal het ‘n beroep op die Zimbabwiese President, Emmerson Mnangagwa, gedoen om die Wysigingswetsontwerp op die Kodifisering en Hervorming van Strafreg, bekend as die Patriotiese Wetsontwerp, terug te trek. Die wetgewing kriminaliseer deelname aan vergaderings waar sanksies en militêre ingrypings bespreek word met die doel om ‘n grondwetlik-verkose regering omver te werp. Strawwe sluit in die verlies van burgerskap en stemreg, en die doodstraf. Die organisasie se navorsingsdirekteur vir Suider-Afrika, Khanyo Farisè, beskryf die wetsontwerp as ’n hartelose aanslag op die mensdom.