Cyril ontvang oor twee weke Lady R-verslag
Die Suid-Afrikaanse Presidensie sê die onafhanklike paneel wat bewerings ondersoek oor wapens wat op ‘n Russiese vragskip gelaai is, het Dinsdag sy sperdatum bereik om die ondersoek te voltooi. Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, het in Mei gesê Washington is oortuig wapens is in Desember verlede jaar in Simonstad op die Lady R gelaai. Die paneel van drie onder voorsitterskap van die afgetrede adjunk-regterpresident van die hooggeregshof in Johannesburg, Phineas Mojapelo, het nou twee weke tyd om sy verslag te voltooi voordat hy dit aan President Cyril Ramaphosa oorhandig.