Trump sê hy word geteiken in ondersoek oor Kongresgebou-aanval

Amerikaanse oudpresident Donald Trump sê hy is deur spesiale raadgewer Jack Smith ingelig dat hy die onderwerp van ‘n kriminele ondersoek is. Die ondersoek hou verband met sy pogings om die 2020-verkiesing omver te werp, en die gepaardgaande aanval op die Amerikaanse Kongresgebou op 6 Januarie 2021. Trump sê op sy Truth Social-platform hy het opdrag gekry om aan ‘n groot jurie te rapporteer wat byna altyd  ‘n arrestasie en ‘n aanklag beteken. Smith het as deel van sy ondersoek onderhoude gevoer met tientalle top-amptenare en adviseurs van die Trump-administrasie, onder andere ook die voormalige adjunk-president Mike Pence.