NSA gaan in 2025 landbou-sensus hou
Die Namibiese Statistieke-agentskap sal in 2025 ‘n sensus oor die landbousektor, insluitend bosbou, visserye en akwakultuur, in landelike gebiede doen. Dit sal in samewerking met die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie gedoen word. Dit word aangespoor deur die behoefte aan betroubare en tydige data om te help met die beplanning, ontwikkeling en formulering van nasionale beleide. Dit word voorafgegaan deur die ontwikkeling van ‘n Strategiese Plan vir Landbou en Landelike Statistiek en die Namibiese Sensus van Landbou-projek-dokument. Die statistikus-generaal Alex Shimuafeni sê die strategiese plan sal help om aan huidige en opkomende data-vereistes en -behoeftes van beleidmakers te voldoen.