Noordelike Halfrond se hittegolf is dodelik

Die hittegolf wat die noordelike halfrond verswelg sal vandeesweek verskerp, wat oornagtemperature ook sal laat styg en wat kan lei tot ‘n verhoogde risiko van hartaanvalle en sterftes. Die Wêreld Meteorologiese Organisasie waarsku dat die hittegolf in sy vroeë fases is en sê hy verwag dat temperature in Noord-Amerika, Asië, Noord-Afrika en die Middellandse See bo 40 grade Celsius sal bly soos die hittegolf vererger. Dit kan beteken dat middernagtemperature hierdie week die hoë 30’s in sommige gebiede kan bereik. Volgens kenners is herhaalde hoë nagtemperature veral gevaarlik vir menslike gesondheid, omdat die liggaam nie van volgehoue hitte kan herstel nie.