Daadwerklike stappe nodig om ietermagô-handel te bekamp
Reaksie word ontvang op die jongste syfers in verband met die onwettige handel met ietermagô’s. Volgens die jongste nasionale verslag oor wildmisdaad, is daar in 2015 sewe beslagleggings op die diere gedoen, met 21 in 2016, 63 in 2017, 89 in 2018, 130 in 2019, 75 in 2020, 87 in 2021 en 40 in 2022. Nes met ander wildmisdaad, is die voltooiing van hofsake die grootste uitdaging met byvoorbeeld net 90 persent van 2015 se sake wat tot op hede afgehandel is. Die Kavango Oos-, Oshana-, Ohangwena en Otjozondjupa-streke meld die meeste gevalle aan. Die stigter van die Ietermagô Bewaring- en Navorsingstigting, Kelsey Prediger, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.