VSA gaan nie bydra tot klimaatsfonds

Die spesiale klimaats-gesant John Kerry sê Amerika gaan nie bydra tot die fonds vir lande wat deurloop onder rampe wat deur die klimaat veroorsaak word nie. Meer as 200 lande het by verlede jaar se COP27-konferensie in Egipte ingestem om ‘n fonds te skep vir verliese en skade. Dit sal hoofsaaklik deur ontwikkelde nasies befonds word voordat dit onder kwesbare nasies versprei word. Kerry, ‘n voormalige minister van buitelandse sake, sê hulle sal voortgaan om die idee van aanspreeklikheid vir historiese vrystellings of vergoeding aan lande wat weens rampe skade gely het, teen te staan.