Krieket: Mans en vroue gaan gelyke prysgeld kry by IKR-wedstrye
Krieket: Die Internasionale Krieketraad het gelyke prysgeld aangekondig vir spanne wat aan sy mans- en vroue-byeenkomste deelneem. Die besluit is op die beheerliggaam se jaarlikse konferensie in Durban geneem. Die voorsitter, Greg Barclay, beskryf die besluit as ‘n belangrike oomblik in die geskiedenis van die sport. Hy sê die IKR het sedert 2017 die prysgeld vir vroue-toernooie verhoog met ‘n duidelike fokus om by gelyke prysgeld uit te kom.