Twee-jarige behoort aan MensaJune 21, 2021
Die twee-jarige Kashe Quest van Kalifornië het onlangs die jongste lid van Mensa geword. Spesialiste het ontdek Kashe het ‘n IK van 146 – die gemiddelde Amerikaanse IK is 98. Kashe kan al die elemente op die periodieke tabel noem en tot 100 tel.