Teenkanting teen nuwe SA tabak-konsepwet  

ClippaSales  en Casa Tabacs se opname onder meer as 200 spesialis-tabakhandelaars in die buurland toon sterk teenkanting teen die nuwe Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels. Die voorgestelde wetgewing sluit in ʼn algehele verbod op die uitstalling van tabak- en verwante produkte, wat honderde klein ondernemings en duisende werksgeleenthede sal bedreig. Clippa se verkoopsdirekteur, Alex Jacovides, raai die regering aan om eerder te fokus op meer dringende kwessies soos beurtkrag, misdaad en korrupsie.