Tweede Vroue en Landbouberaad vind in September plaas
Die tweede Vroue- en Landbouberaad vind vanaf 27 September by Nasionale Teater van Namibië in Windhoek plaas met die tema “Leveraging Technology and Innovation to Unleash the Potential of Agriculture and Value Addition,”. Op 28 September sal virtuele werkswinkels aangebied word. Dit sal ‘n unieke byeenkoms te wees, wat belanghebbendes van uiteenlopende agtergronde byeen bring om die uitdagings wat vroue in die landbou in die gesig staar, aan te spreek en terselfdertyd die geweldige geleenthede op die horison uit te lig. Die beraad sal vroulike boere, vroue wat in die landbousektor werk, bedryfsleiers, beleidmakers en kundiges van regoor Namibië bymekaar bring. Die organiseerder Paulina Mbango, deel meer met Kosmos 94.1 Nuus…