DA vra vrae oor Mashatile se duur familiehuis
Die DA het die kantoor van die openbare beskermer genader met nog bewerings teen adjunkpresident Paul Mashatile. Die DA se nasionale woordvoerder, Solly Malatsi, sê daar word beweer Mashatile woon tans in ‘n huis van 37 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat sy skoonseun gekoop het nadat hy na bewering befondsing van Gautengse regerings-instellings ontvang het. Verder word beweer Mashatile se seun, Thabiso, is as mede-koper van die eiendom gelys. Malatsi vra ‘n ondersoek moet ingestel word om aanspreeklikheid te verseker.