Meer as drie miljoen mense in Sudan ontwortel
Die Internasionale Organisasie vir Migrasie se jongste syfers toon dat die getal ontwortelde mense in Sudan, nou die drie miljoen-kerf verbygesteek het. Die organisasie beraam dat meer as 2,4 miljoen mense in Sudan sonder heenkome is en dat meer as 730 000 na buurlande gevlug het sedert die konflik sowat drie maande gelede uitgebreek het. Daar was sedert die geweld uitgebreek het in middel April, wydverspreide plundertogte, kragonderbrekings, water- en voedseltekorte, die gesondheidstelsel het in duie gestort en daar is ‘n skerp toename in seksuele geweld.