Stad Kaapstad poog om brande te voorkom
Die Stad Kaapstad het met ‘n loodsprojek vir die voorkoming van brande begin, in vennootskap met Mandoval Vermiculite. Dit behels die behandeling met ‘n brandwerende stof van minstens 300 informele strukture in Overcome Heights, binne die volgende ses maande. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê dit sal die verspreiding beperk van brande wat mag voorkom, en die risiko verminder van beserings, sterftes en skade aan infrastruktuur, eiendom en die omgewing.