Charles Manson-volgeling ná 50 jaar vrygelaat
‘n Volgeling van die Amerikaanse reeksmoordenaar, Charles Manson, is op parool vrygelaat nadat sy vir meer as 50 jaar in die tronk was. Leslie van Houten, wat nou 73 jaar oud is, was 19 toe sy en ander lede van die sogenaamde Orde van Manson in 1969 by die huis van Leno en Rosemary LaBianca ingebreek en hulle doodgesteek het. Die moorde was ‘n aand nadat vyf mense in die huis van die rolprentvervaardiger, Roman Polanski vermoor is. Van Houten is die doodstraf opgelê nadat sy in 1971 skuldig bevind is op twee aanklagte van moord. Dit is tot lewenslange gevangenisstraf versag nadat die doodsvonnis in Kalifornië afgeskaf is.