NSA: Verbruikersinflasie styg die meeste in Khomas in Junie
Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se Verbruikersprys-indeks vir Junie is die jaarlikse inflasiekoers vir Junie 5,3 persent vergeleke met 6 persent wat in Junie verlede jaar aangeteken is. Maand-tot-maand het die inflasiekoers op 0,1 persent gestaan vergeleke met 0,2 persent wat gedurende Mei gerapporteer is. Op die streeksvlak vir Junie het Sone 2, Khomas, die hoogste jaarlikse inflasiekoers van 5,4 persent aangeteken terwyl Sone 1 wat bestaan uit die streke van Kavango-Oos en -Wes, Kunene, Ohangwena, Omusati, Oshana, Oshikoto, Otjozondjupa en Zambezi, en Sone 3 van die streke van Karas, Erongo, Hardap, Omaheke, jaarlikse inflasiekoerse van 5,2 persent elk aangeteken het.