NotInMyName help in koue weer

Die burgerlike beweging NotInMyName Internasionaal sê hy het inisiatief geneem om tydelike maar noodsaaklike verligting in die vorm van ‘n sopkombuis aan inwoners van Mamelodi in Tshwane te verskaf. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku koue toestande in Gauteng sal dié week voortduur en dele van die provinsie het gister selfs sneeu beleef. Die organisasie se woordvoerder, Mo Senne, sê hulle verwelkom skenkings wat sal help om minderbevoorregtes in Mamelodi deur hierdie koue weer te help.