Ombudsman: Regsbank het vir menseregte beslis
Die Namibiese ombudsman het sy reaksie gegee op die veteraan Swapo-parlementslid, Jerry Ekandjo, wat in die Nasionale Vergadering ‘n wetsontwerp ingedien het om die woord gade in die Immigrasiewet te definieer. Ekandjo het hierdie wetsontwerp ter tafel gelê na aanleiding van die hooggeregshof se uitspraak om selfdegeslaghuwelike wat buite Namibië verbind is, te erken. Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa ondersteun hom in die verband, maar landbouminister Calle Schlettwein nie. Kosmos 94.1 Nuus het met ombudsman Basilius Dyakugha, gepraat wat sê die regsbank het reeds ten gunste van menseregte besluit…