Prokureur reageer op agt geskorste BBP-beamptes se aanval
Die Suid-Afrikaanse polisie het bevestig al agt beamptes wat op video betrap is waar hulle drie mense op die N1-hoofweg in Gauteng aanrand, is geskors. Die beamptes was deel van adjunkpresident Paul Mashatile se beskermings-eenheid. Hulle is volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens se tugregulasies met salarisvoordele geskors. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek die saak. Die slagoffers het ‘n hofsaak aanhangig gemaak. Die prokureur Daniel Eloff, wat een van die slagoffers verteenwoordig, vertel wat daardie dag gebeur het.