NamLITS-veldtog vir veeboere skop binnekort af
Die NamLITS-veldtog sal van 17 Julie tot 31 Oktober deur amptenare van die direktoraat veeartsenydienste in die landbouministerie in samewerking met die Vleisraad van Namibië onderneem word. Die veldtog is aangedryf deur die groot aantal brandmerke van vee op die NamLITS-databasis wat nie in gebruik is nie en verouderde vee-verwante inligting. Die doel van die veldtog is om bewusmaking te kweek en boere op te voed oor die toepaslike gebruik van oorplaatjies en brandmerke asook om leiding te gee oor hoe om aanlyn op NamLITS te registreer. Daar sal stasies in elke streek wees om veeboere by te staan. Kosmos 94.1 Nuus het met Jona Musheko, die ministerie van se hoof-skakelbeampte gesels…