Onluste-slagoffers eis geregtigheid en vergoeding

Slagoffers van die geweld in Phoenix, Durban, twee jaar gelede eis geregtigheid en vergoeding. Die geweld tydens die onluste van Julie 2021 in KwaZulu-Natal en ander gebiede het 36 lewens in Phoenix geëis. Oorlewendes en families wat geraak is, voel gefrustreerd en sê baie min is gedoen om hulle griewe aan te spreek. Die slagoffers, insluitende wesies en diegene met lewenslange beserings, is krities oor die regering se steun en vergoeding. Die EFF in die provinsie het ʼn mosie ter tafel gelê wat vra vir ʼn deeglike ondersoek na die geweld.