Streeksberaad begin om konflik in Sudan te beëindig

‘n Streeksberaad het in die Ethiopiese hoofstad, Addis Abeba, begin om die konflik in Sudan te beëindig. Die beraad is deur die streeksowerheid vir ontwikkeling in Oos-Afrika, Igad, saamgeroep om die verteenwoordigers van die Sudannese weermag en die paramilitêre mag in die land, die RSF, om die onderhandelings byeen te bring. Sudan se ministerie van buitelandse sake het die Igad-voorsitter, Kenia, intussen van partydigheid beskuldig, hoewel Kenia dit ontken. Kenners sê die beskuldiging verskraal egter die kanse dat die samesprekings tot ‘n skietstilstand kan lei.