SA vragmotorbestuurder-stigting sê geen oplossings word vir hul griewe gevind
Die All Truck Drivers Foundation het die aanvalle op vragmotors in die buurland die afgelope twee dae skerp veroordeel, maar sê samesprekings loop op niks uit nie. Die stigting is ‘n groep plaaslike vragmotorbestuurders wat hom beywer vir die indiensnemings van slegs Suid-Afrikaners. Die hoofsekretaris Sifiso Nyathi sê hulle weet nie wie die aanvallers is nie, en steun dit nie, maar glo dat sommige vragmotorbestuurders keelvol is omdat daar geen oplossings vir hulle griewe gevind word nie. In die jongste voorval is vyf vragmotors op die N4 naby Waterval Boven aan die brand gesteek en oor die naweek ses vragmotors op die N3 op die Van Reenenspas in KwaZulu-Natal.