SA het steeds ‘n tekort aan veeartse

Die DA doen ‘n beroep op die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, om die besluit om veeartse van die lys van kritieke vaardighede te verwyder, te heroorweeg. Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het onthul Suid-Afrika het tans ‘n tekort aan 129 veeartse, wat gelykstaande is aan 45 persent van al die totale befondsde poste. Noko Masipa van die DA sê dit is ‘n kommerwekkende vakante poste-koers, in ag genome die kritieke rol wat veeartse speel in dieregesondheid en voedselveiligheid.