Tiener versmoor in waterput naby Tsandi

‘n Namibiese tiener is dood nadat hy bewering in ‘n waterput versmoor het. Die voorval het naby Tsandi in die Omusati-streek plaasgevind toe vyf mans besig was om modder uit ‘n waterput te verwyder. In die proses het die 16-jarige seun en sy oom wat binne die put was, bewusteloos geraak toe hulle glo begin versmoor. Die ander wat buite was, het hulp by die bure gaan soek, maar hulle kon net daarin geslaag het om die oom uit die watergat te red. Hy is na die Okatseidhi-kliniek geneem voordat hy in ‘n kritieke toestand na die Tsandi-hospitaal vervoer is. Duikers van die Oshana-streek is ontbied wat die oorledene se liggaam uit die put verwyder het. Sy liggaam is na die lykshuis van die Okahao-polisie vervoer vir ‘n nadoodse ondersoek.