Gautengers moet krag bespaar in koue

Die Suid-Afrikaanse minister van elektristeit, Kgosientsho Ramokgopa, doen ‘n beroep op inwoners van Gauteng om spaarsamig met kragverbruik te wees met nog ‘n kouefront wat die provinsie vandag tref. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag die koue, nat en winderige weer wat oor die Wes-Kaap inbeweeg het, gaan oor die res van Suid-Afrika uitbrei. Ramokgopa sê Gauteng verbruik 25 persent van die krag wat in die land opgewek word tydens kouefronte, vergeleke met heelwat minder in die Wes-, Noord-en Oos-Kaap.