Kroningseremonie van Mej. Namibië op Swakop ‘n reuse-sukses
Die kroningseremonies van Mej. Namibië 2023 en Mej. Tiener Namibië 2023 vir die eerste keer op Swakopmund, word as ‘n reuse-sukses beskou. Die beeldskone Jameela Uiras is as Mej. Namibië gekroon, Albetina Haimbala as die eerste prinses, terwyl Martha Kautanevali die tweede prinses is. Jameela sal, anders as die vorige skoonheidskoninginne, haar motor na haar bewind hou. Voorheen was Mej. Namibië-wenners slegs toegelaat om die motor te gebruik vir die jaar wat hulle die Mej. Namibië-titel dra en dit aan die borge terug te gee. Woordvoerder Beaulah Boois het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…