Motief vir brandsteek van vragmotors onbekend
Die polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal Jay Naicker sê die motief vir die jongste voorval waarin vragmotors aan die brand gesteek is, is nog nie bekend nie. Gewapende aanvallers het Saterdagaand omstreeks tienuur die bestuurders van ses vragmotors gedwing om by Van Reenenspas op die N3 te stop, waarna die vragmotors aan die brand gesteek is. Naicker sê niemand is in die voorval beseer nie. Hy sê die plaaslike polisie ondersoek ‘n saak van opsetlike saakbeskadiging. ‘n Groot aantal polisielede, insluitend lede van die Openbare Orde eenheid, monitor die situasie. Die N3 is steeds vir verkeer gesluit