Rugby: Junior Bokke gereed vir Ierland

Rugby: Die Junior-Springbokke is terdeë bewus van wat op die spel is wanneer hulle vanmiddag op die Athlone-stadion in Kaapstad teen Ierland in die halfeindstryd van die Onder-20 Wêreld-Rugbykampioenskap uitdraf. Kaptein Paul de Villiers sê hulle is slaggereed om na Vrydag se eindstryd deur te dring. Hy voeg by hulle kan die druk van die uitklop-aard van die spel hanteer want hulle was Dinsdag in dieselfde posisie toe hulle Argentinië geklop het.