Behuising in informele nedersettings ‘n tameletjie

Die gebrek aan behoorlike en bekostigbare behuising is ‘n groot uitdaging in Namibië, veral in informele nedersettings. Om die kwessie te takel, het die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling 33 huise aan die Shack Dwellers Federation in Windhoek se informele nedersetting, Okahandja Park, oorhandig. Van die 33 huise is 22 deur die ministerie befonds, terwyl Standard Bank elf huise befonds het. Adjunkminister Natalia |Goagoses het die noodsaaklikheid beklemtoon om armoede en ongelykheid aan te spreek en sê die regering gaan voort om inisiatiewe te ondersteun om behuising aan lae-inkomste verdieners te lewer.