AfriForum baklei voort oor ivermektien

AfriForum se regspan het ‘n formele versoek by die Suid-Afrikaanse Ministeriële Raadgewende Komitee oor Covid-19 en die Suid-Afrikaanse Reguleringsgesag vir Gesondheidsprodukte ingedien. Die organisasie wil meer inligting hê oor die hersiening van ivermektien. AfriForum sê nuwe feite oor die positiewe uitwerking van die middel op die voorkoming en behandeling van Covid-19 het die afgelope paar maande aan die lig gekom. Barend Uys van AfriForum sê navorsing toon die gebruik van ivermektien kan die sterfterisiko met 62 persent verlaag en die risiko van infeksie met 86 persent: