Nog huldeblyke vir Pahad
Die Suid-Afrikaanse parlement se voorsittende beamptes het die voormalige minister in die Presidensie en anti-apartheidsaktivis, Essop Pahad, beskryf as ‘n buitengewone vryheidsvegter wat sy lewe aan die stryd teen apartheid gewy het. Hy is op 84 oorlede. Pahad is as minister in die Presidensie aangestel toe oudpresident Thabo Mbeki in 1999 vir Nelson Mandela opgevolg het en was voorheen Mbeki se parlementêre raadgewer toe hy adjunkpresident was. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê Pahad se verbintenis tot die beginsels van demokrasie het die weg gebaan vir ‘n inklusiewe samelewing: