Optog word Saterdag in hoofstad gehou teen verskeie kwessies, ook Amushelelo
Die Power of Unity-beweging sal Saterdag ‘n vreedsame protes hou teen verskeie kwessies wat visum-vrye toegang vir Chinese burgers, werkloosheid, Michael Amushelelo se volgehoue aanhouding en hoë verkeersboetes insluit. ‘n Versoekskrif sal ook opgetrek word en Maandag aan die verskeie regeringskantore oorhandig word. Die voorsitter van die beweging Jesay Nambundunga het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.