Vroulike gevangenes ontvang sanitêre doekies, skoolmeisies nie

Uitdagings met ‘n tekort aan sanitêre doekies, veral vir skoolgaande meisies, is alom bekend in Namibië. Duisende skoolmeisies word gedwing om vir die paar dae tuis te bly omdat hulle nie die doekies kan bekostig nie en die probleem is nie net plaaslik nie maar regoor Afrika en selfs in lande soos Australië ook. Kenia het onlangs gratis sanitêre doekies vir skoolgaande kinders aangekondig maar, in Namibië is alleenlik belasting op die produk opgehef. Intussen ontvang vroulike gevangenes gratis sanitêre doekies. Kosmos 94.1 Nuus het met die geslags- en maatskaplike aktivis van Sister Namibia Ethne Mudge gesels en haar reaksie in die verband gevra.