Meer as 150 dwelmverdagtes in Junie vasgetrek

Die Namibiese polisie het in Junie op dwelms van meer as 600 000 Namibiese dollar beslag gelê. Altesaam 153 verdagtes is gearresteer waarvan 148 Namibiërs is, drie Zambiërs en een elk Angolees en Kongolees. Nampol beskou Otjiwarongo as een van die deurgangsroetes vir dwelmsmokkelaars met toenemende gevalle wat in die Otjozondjupa-streek aangemeld word. Daarom gaan die Nampol-hoof inspekteur-generaal Joseph Shikongo die naweek ‘n opvoedkundige uitreikprogram oor die voorkoming van dwelm-verwante en ander misdaad op die Noorde-dorp hou. Hy sal die gemeenskap Saterdag om nege-uur die oggend by die DRC-sokkerveld toespreek. Woordvoerder van Nampol, hoofinspekteur Elifas Kuwinga het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…