Onderleier van Zim se CCC praat oor komende verkiesing
Zimbabwe gaan in Augustus na die stembus teen die agtergrond van een van die wêreld se hoogste inflasiekoerse en beskuldigings van ‘n toenemende onderdrukking van die opposisie. Die verkiesings is ook grootliks oorskadu deur die kieserslys wat nie met deelnemende partye en kandidate gedeel is nie, wat baie van die opposisiepartye bekommerd maak oor die bedoelings van die Verkiesingskommissie en die Zanu PF-regering. Tendai Biti van die opposisieparty Citizens Coalition for Change wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, sê die kieserslys word steeds nie gedeel nie nadat benoemings weke gelede gedoen is.