Skok ná liggaam van meisie op rugbyveld gevind is  

Die Gautengse LUR vir onderwys, Matome Chiloane, het skok en kommer uitgespreek oor die ontdekking van ‘n graad tien-meisie se liggaam by die Hoërskool Garsfontein in Pretoria. Die skool se sekerheidspersoneel het die liggaam op die rugbyveld gevind. Chiloane het die skool vandag besoek en medelye met die gesin en die skoolgemeenskap betuig. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die polisie ondersoek tans die voorval, terwyl die meisie se gesin ondersteuning ontvang.