Navo verleng weer Stoltenberg se kontrak

Die Noord-Atlantiese Verdrags-organisasie, Navo, het besluit om die kontrak van sy sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg vir nog ‘n jaar te verleng. Navo sê hy het te midde van die oorlog in Oekraïne besluit om by ‘n ervare leier te hou eerder as om oor ‘n opvolger te besluit. Die voormalige eerste minister van Noorweë, is sedert 2014 die sekretaris-generaal van Navo. Stoltenberg se termyn is reeds drie keer tevore verleng.