Handelstekort styg tot N$2,8 miljard in Mei

Namibië se handelstekort is op 2,8 miljard Namibiese dollar aan die einde van Mei vanjaar gemeet, vergeleke met ‘n tekort van 1,3 miljard dollar wat einde April aangeteken is en 5,2 miljard wat in Mei verlede jaar gemeet is. Botswana is die land se grootste mark vir uitvoere met Suid-Afrika weereens, en nog steeds, die grootste bron van invoere. Die gewone uitvoere is weer aangeteken en sluit uraan, diamante, nie-monetêre goud, koper en vis in. Invoere is ook dieselfde met petroleumprodukte, koper-erts, voertuie en toerusting vir siviele ingenieurswese. Heruitvoere het met 15,1 persent gedaal. Die kommoditeit van die maand is suiker, molasse en heuning. Daar is amper 125 miljoen Namibiese dollar van die produkte ingevoer en 9,8 miljoen dollar is uitgevoer, waarvan die meerderheid heruitvoere is.