Verhoging vir staatsamptenare nie regverdigbaar nie – Saftu

Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, het President Cyril Ramaphosa se besluit om openbare ampsdraers se salarisse te verhoog, veroordeel. Die president het die 3 persent-verhoging van ampsdraers soos regters, ministers, hulle adjunkte en tradisionele leiers se salarisse onderteken. Openbare ampsdraers kry van die grootste salarisse in die land en elkeen neem meer as ‘n miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar huis toe. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die verhoging is nie regverdigbaar nie: