Sekerheidstenders in Noordwes moet publiek gemaak word

ActionSA in Noordwes sê hy sal ‘n aansoek indien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, om toegang te verkry tot die tenderdokumente rakende sekerheidstenders in die provinsie. Die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling word daarvan beskuldig dat hy sedert 2018 meer as 520 miljoen Suid-Afrikaanse rand onreëlmatig aan sekerheidstenders bestee het. Karabo Seane van ActionSA sê, die departement het na bewering twee-maande kontrakte aan 20 sekerheidsmaatskappye toegeken om sy 56 persele te bewaak: