O&L Nexentury Namibia kry sonkrag-lisensie
Ohlthaver & List se Nexentury Namibia het die lisensie verkry vir die opwekking en uitvoer van 100 megawatt sonkrag in Namibië, wat geldig is vir die volgende 25 jaar. Bernd Walbaum, die hoof uitvoerende beampte van O&L Nexentury sê hulle is verheug om hierdie opwindende nuus met belanghebbendes en die hernubare-energie-gemeenskap te deel. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê hierdie prestasie is nog ‘n mylpaal vir O&L Nexentury Namibia, wat hulle as ‘n sleutelspeler in die volhoubare energie-sektor in Namibië posisioneer.