SA petrolpryse daal, diesel s’n styg

Namibiese brandstofpryse bly onveranderd in Julie. Daar is egter goeie nuus en slegte nuus oor brandstofpryse in die buurland met 93-oktaan petrol wat vanaf Woensdag met 24-sent per liter goedkoper sal wees, en 95-oktaan petrol 17-sent per liter goedkoper. Die slegte nuus is die prys van diesel styg met 12- tot 18-sent per liter. Die prys van lampolie styg met 4-sent per liter. Nog goeie nuus is die prys van LP Gas sal met twee Suid-Afrikaanse rand-96 sent per kilogram daal.