Verkiesingskommissie maan oor swendelary

Die Verkiesingskommissie van Namibië waarsku die publiek dat daar vals plasings op sosiale media sirkuleer wat valslik beweer dat die kommissie personeel aanlyn werf. Die korporatiewe kommunikasiebestuurder, De Wet Siluka, het vandag bevestig dat daar plasings op sosiale media sirkuleer wat ‘n skakel na ‘n vals werwings-portaal bevat. Die kommissie vermoed dat die vals webblad dalk deel is van ‘n identiteitsdiefstal-bedrogspul. Siluka het sosialemediagebruikers aangeraai om nie op die skakel te klik of hul persoonlike besonderhede op die vals aansoekbladsy in te voer nie. Siluka het ook WhatsApp-gebruikers versoek om nie die plasing aan te stuur nie, aangesien dit moontlik ander kan benadeel wat vir die slenter sal val en hul persoonlike inligting aan swendelaars verskaf.